Vasgeketting

Vas geketting in omstandighede buite jou beheer,
my siel, ook vas geketting en seer.
Ek wil uitroep, nee, ek wil dit uit skree:
help hom, my geliefde Heer.
Al steek ek my hand na jou toe uit,
kan jy dit nie neem.
Jy het jou vasgeklemde hande nodig om aan God vas te hou.
In jou eensaam bestaan smag jy na my aanraking,
maar jy kyk liewer ander pad
Al is jou rug op my gedraai, kyk jy tog afwagtend om;
onseker bang, tog hoopvol dat my skadu tog kort op jou hakke volg. Ek wil jou aan jou skouers ruk,
ek wil jou teen my smagtende lyf vasdruk.
Maar ek kan nie
dis so eenvoudig,
dis so onregverdig
dis jy en ek
ons onversoenbare bestaan
Jy wat smag na iemand wat jou sal liefhê soos jy is,
ek, wat maak dit saak wat ek wil hê.
Vasgeketting in jou eensame bestaan,
ek, op my knieë, altyd met jou naam in my gebed.
Sal jou hande eendag vry wees om my trane oor jou van my wang te vee Sal my hand eendag jou hartklop in my handpalm mag voel
My ridder wat so moedverloor’ oor jou donker woestyn moet kyk.

http://www.facebook.com/hierskryfons/photos/a.981432278553907.1073741828.965301343500334/1039950102702124/?type=3

Posted in Gedigte.

Leave a Reply