Vasgedraai

Ek sien hoe jy jouself vas draai in ‘n web.
Fyn draaitjies, om en om, totdat dit jou oorweldig.
Jou denke verstyf jou gedagtes.
Jou dade kap jou ledemate af.
Ek probeer my hande na jou uitsteek.
Ek probeer ‘n glimlag om jou mondhoeke kry.
Jou trane van frustrasie loop oor my wange.
Jou wakkerl√™ en rondrol…
Jou hartseer en magtiloosheid….
Heer, ek dra my geliefde aan U op.
Ek bid vir ‘n spoedige uitkoms.
Heer, ek bid vir U ingryping.
In vertroue en afwagting bid ek tot U.
Hoor weereens my smeekgebed.
Heer, breek die stilte in my want U is die antwoord.
Die rede vir hierdie situasie ken U.
Die toekoms is aan U bekend.
Heer, ek loof en prys U grootheid.
U liefde is onverklaarbaar.
Jesus, sny asb die drade af waarmee hy hom toe spin.
Jesus, gee my die vermoe√ę om hom bymekaar te hou.
Laat my geloof ons weereens verder dra.
U het nog altyd gesorg vir ons.
Asb Heer, bring rustigheid en vrede terug in ons huis.
My huis sal U altyd volg.
My geloof in U sal my altyd dra.
My gebed na U sal U altyd verhoor.
Dankie Heer, dankie Jesus.
Dankie dat U my altyd vashou.
Amen

Posted in Gedigte.

Leave a Reply