Vandag

Voel jy volkome in beheer van wat om jou aangaan?
Of wonder jy waarheen jou voetval jou stuur ?
Raak rustig My kind, stop net ‘n oomblik, voor jy verder gaan. Voel jy daardie gevoel van leweloosheid wat in jou opstu ?
Kom na My toe en le onder My voete by die waterstroom.
Kom rus op die groen gras onder die boom.
Voel die bries, wat ook die blare roer, wat My asem oor jou blaas. Sluit jou ore af van die daaglikse geraas.
Luister na My sagte stem, as Ek vir jou fluister:
“Bring al jou sorge na My toe”
en Ek sal jou seer met liefde behandel.
Voel die druppels wat oor jou liggaam vloei,
en dink aan die kruis en dag toe Ek vir jou bloei.
Al voel dit of almal jou weg stoot en verwerp,
sal Ek vir jou ‘n lewensmaat stuur, want jy is Myne.

Amanda Boucher

Posted in Gedigte.

Leave a Reply