Vandag se besluite

Heer, vandag is so ‘n besondere dag vir my.
‘N splinternuwe sonopkoms het U vir my voorberei.
Geleenthede om U te loof en prys het kort-kort oë gewys.
En U liefde het U male sonder tal aan my bewys.
Nuwe mense is op my pad geplaas.
Sommiges rustig ander het hul na my gehaas.
Heer, en tog het ek weereens nie heeltyd U liefde na buite gedra. Iewers deur die dag weer getwyfel en gevra.
Sommige van my optredes was ongevraagd.
Heer, dankie vir my besondere maat.
Heer, gebruik my elke dag tot U eer.
Maak oop my oë om van ander te leer.
Heer, dankie vir hierdie besondere dag.
U maak my dankbaar en vir môre kan ek nie wag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply