Van bo

Het jy die sonopkoms gesien vanoggend ?
Die wondermooi kleure wat die lug opgehelder het ?
Het jy die mooi sang gehoor waarmee die voƫltjies jou gegroet het ? Het jy die varsheid in die natuur geruik ?
Al die dinge het Ek spesiaal vir jou gemaak
sodat jy jou dag rustig mag begin.
Onthou om My by jou dagtaak in te sluit.
So graag wil Ek jou bystaan in alles wat jy doen.
As jy maar net een maal wil stil raak en luister.
Weet jy dan nie hoe lief Ek jou het ?
Weet jy dan nie hoe jou trane My raak ?
Voel My aanraking in die ritselende aandwind.
Hoor My fluistering op die asem van die wind.
Sien My uitreiking in die hand van ‘n vreemdeling.
Weet Ek verhoor jou onhoorbare gebed.
Sien My liefde in die glimlag van ‘n verbyganer.
Lees My belofte in hierdie gedig.
Want jy is Myne.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply