Vadertyd

Tik tak tik tak
Jy warrel my lewe in.
Jou stoute seuns glimlag.
Jou hare kort en netjies gesny.
Al is jy semi-onbewus van my.
Ek bou speel-speel my droomlewe saam met jou.
Hoopvol in my jongmeisie-hart. Maar die lewe gaan aan.
Jy, met jou rug gedraai op my. Ek, verwonderd, gebroke, bly staan. Maar my lewe gaan ook aan. Jare later, warrel jy weer in my lewe.
Jy’t ‘n man geword, merk ek op. Ons loop ‘n pad saam, jy en ek. En weer, die onvermeidelike afskeid. Jou glimlag is nie meer van my grappe.
Jou raad is nie meer vir my probleme.
Jy’s gelukkig en dis genoeg vir my.
Vadertyd stap aan.
Tik tak tik tak.
Ek’s nie meer nodig as jou kurk. My engelskap is verby saam jou. My gebede en goeie wense sal jou omvou.
Mag sy jou altyd lief hĂȘ.
Mag jy net geluk saam haar ken.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply