Vadersdag gebed

Heer, my gebede omring die vaders in my lewe.
Ek vra dat U hulle sal lei en beskerm.
Leer hulle om ten volle op U te vertrou. Soms moet hulle baie belangrike besluite neem. Ons toekoms lê in hulle hande.
Heer, ek bid dat U hulle sal seën in elke besluit wat geneem moet word. Soms vergeet ons dat ‘n pa ook net ‘n mens is,
dat hy ook raad en hulp nodig het.
Soms vergeet ons dat hulle ons liefde ook nodig het.
Ons vra so baie en gee so min.
Heer, maak ons oop om te sien as hulle ons nodig het.
Maak ons bewus van hul pyn en seer.
Laat ons luister voor ons kwaad word, want ons belang is tog in hul gedagtes. Soms moet mens net stil word en dankbaar wees. Dankie vir jul liefde en omgee.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply