Uit ‘n gedig

Soos die woorde van ‘n gedig, het jy oor die leĆ« bladsy gevloei. Jou fluistering het my siel kom aanraak, soos die vorige aand se aandwind. Vir ‘n oomblik was ek verstom: Dis soos my eerste sonopkoms, volmaan, wat laag oor die see opkom ‘n waterval in vloed. Skielik het woorde vir my gelag, al vallende en deurmekaar op my tong kom rus, asof hulle ook nie kan glo wat ek sien. Die kleur het stadig oor my wange gekruip. Jou glimlag het al dasend aan my mond kom pluk, gedagtes het my speel-speel deur die dag begin dra. Dis nog steeds soos ‘n droom vir my: hoekom het jy my raak gesien? Wat het jou weg bepaal om oor my pad te kom dans? In my gedagtes is ons in pas met die musiek; jou stem dra die woorde wat my siel skryf.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply