Uit my hart en siel

Ek hoor jou woorde en wens ek kon dit verander.
Vir jou wil ek langs ‘n koel waterstroom laat rus.
Ek wil jou vrolike lag in die berge hoor weerklink.
Ek wil jou gesonde liggaam in die son sien bak.
Heer, U weet dat my woorde ontbreek.
U sien die traanspoor wat ook oor my wang lĂȘ.
U ken my vriend se siels verlange.
U weet van sy stryd.
U weet Heer.
Ek ek is maar net ‘n gewone mens.
Sonder bo natuurlike mag.
Sonder enige kennis.
Heer, maar U.
U Heer is die een tot wie ek bid. U is die een wat hom dag vir dag sal dra. Heer, U genade ken geen perke. U ken die rede waarom sy kruis so swaar is. Maar dankie dat hy U ken.
Dankie dat hy by U kan aanklop.
Heer, my woorde is min.
My gedagtes is stil.
Maar U ken sy sielsverlange.
Heer, gee hom sy daaglikse krag.
Vul hom Heer, met U genade.
Hou hom sterk.
U ken sy sielsverlange.
Heer, gee hom weer rede om te glimlag.
Gee hom weer hoop om op te staan.
Heer, raak hom aan in hierdie saak.
Hoor my smeekgebed vir hom.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply