Uit die mis

Verlam deur die skimme wat uit die mis opstaan, beweeg ek sonder emosie. Die koue asem wat deur my longe brand, sny ‘n pad oop, my voor uit. Ek wil nie eintlik verder gaan. Hoe kan ek sonder jou? Deur die neuwels, van my nat gehuilde oë, sien ek ‘n verdraaide wêreld. Die momentum van “moet” stoot my oor klippe van onthou. Ek struikel deur slote van dit wat ek nou sonder jou moet doen. Ek loop my vas teen half’ bome wat my wind uitslaan. Ek probeer weg kom uit die mis, maar jy hou my hier. Jou glimlag laat my grynslag want jy is nie hier. Ek probeer soek na ‘n sonstraal, maar sonder jou is dit net te koud. Ek verkluim hier in my spore. Verlate in die groot mis waaragtig verlore in ‘n woud van jou nagedagte.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply