U is

U is my alf en omega
U maak dit stil in my wanneer storms om my woed.
U gee my hoop wanneer ek moedeloos is.
Heer, U is my redding op die stormsee.
My siel juig want U het my kom red.
Wanneer my wêreld tot stilstand kom is U my anker.
Ek luister na die loflied in die voëlgesang.
Ek hoor die blydskap van ‘n borrellende stroom.
U antwoord kom wanneer ons dit die minste verwag.
My alfa en omega is U.
Soms sing my siel ook die treurlied van die winterwind
soms raak my voetval onvas op losklippe langs die pad.
Die gevaarzone se voetpad voel soms gelyk.
Maar by U is die gras groener van al die trane wat U oor ons stort. By U is die lug varser want dit is van U asem gemaak.
U see is kalm en sonder ongediertes.
Die sagte reën voed ons siel.
By U kan die moeë reisiger tot ruste kom.
U was en is en sal vir altyd dieselfde by.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply