U grootheid

Ek luister na U fluisterstem op die wind
binne my word ek stil
U ken my vrese Heer
U hoor my stil trane wat na binne huil
Heer, hier omring met U wonderwerke, kyk ek verstom terug op my pad In die skadukolle onthou ek net U sagte aanraking
Heer, my pad het U belig met helder sterre bakens
my laste het U langs die pad op die klippe gepak
My lag het U oor die wye vlaktes laat dawer soos donderweer
hard en duidelik vir die wat lĂȘ en wag dat U hulle ook optel Heer, in die natuur leer ons net weer wat U liefde beteken
In alles om ons is U grootheid sigbaar
Dankie Heer vir elkeen wat teen my kom afskuur het
Dankie vir elke opwindende oomblik wat my hart vinniger kon klop Dankie Heer dat U groter is as enige pyn of swaarkry
Dankbaar staan ek voor U vandag
Bewaar my geliefdes deur die seer en swaarkry tye

Posted in Gedigte.

Leave a Reply