U genade

Heer, soos die sandkorrels van die hele aarde bymekaar getel. Soos die sterre wat die hemelruim verlig.
Soos water wat teen die bergwande afdrup.
Heer, so onverklaarbaar soos U wonderwerke.
So seker soos elke profesie deur U gespreek.
So standvastig soos U beloftes teenoor ons.
Heer, so groot is U genade.
Afgeëts teen die hemelruim wanneer die son rooi opkom,
Heer, soos die berge uit die aarde verreis.
Soos elke dier sy spesiale takie gegee is.
Heer, soos die natuur reageer soos U dit bestem het.
Heer, so getrou is U aan ons.
Help ons om ten volle op U te vertrou.
Heer, leer ons om U te loof en prys vir U wonderdade.
Leer ons Heer, om met ons hele wese tot U vir mekaar te bid. Ons as mens het ook elkeen ‘n spesiale geestelike takie gekry. Heer, deur U genade, en ons vertroue in U, kan ons wen.
Die eindtye het U voorspel en beplan.
Heer, U het sekere tekens vir ons kom gee.
Maar U tydsduur is nie deur ons bepaal, daarom moet ons gereed wees. Heer, deur U genade, kan ons nou self en enige tyd tot U nader. Heer, ek spreek U liefde, genade en guns oor elke mens op aarde. Ek bid vir verlossing en spreek bevryding uit oor elkeen.
U genade is groter as enige sonde.
Heer, woorde sal nooit genoeg wees om dankie te sê.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply