U almag

Die fyn geluidjies van ‘n kriek wat onder die maanlig sy maat roep. ‘n Nag voëltjie wat sy vrolike lied vir sy maat sing.
Die aandwindjie wat wegkruipertjie in die donkerblare speel. Alles deel van God se wonderskepping.
Elke diertjie sy eie doel en plek.
Elke geluid sy eie rede en klank.
Heer, ek verwonder my aan U werke.
Ek voel so klein en nietig voor U groot genade.
En tog het U ons lief bo al die diere.
U het vir ons ‘n spesiale taak opgelê.
Ons aangestel om om te sien na die diere en plante.
Heer, leer ons om U lief te hê, soos U ons lief het.
Leer ons om na mekaar uit te reik.
Heer, U is almagtig, die begin en die einde.
U werke het geen einde.
U versier vir ons die heelal met sterre en planete.
U skilder vir ons die lugruim met mooi skakerings van kleure. Na die reën versier U die lug met ‘n reëboog.
Heer, dankie vir al genade en seëninge in ons lewe.
Dankie vir Jesus Christus.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply