U aanraking

Afwagtend word die natuur stil.
Wetende dat U hul weereens vervul.
Soms verstaan ons as mens nie U werkinge.
Ons sien nie vooruit wat vir ons wag.
Ons wil net die heeltyd lag.
Soms voel dit of ons hele lewe omswaai.
U aanraking maak soms seer
maar vir ‘n volgende persoon bring dit meer.
In die koue nag stuur U hulp uit ‘n vreemde oord.
‘N lang verwagte antwoord.
Heer, al verstaan ons nie altyd U aanraking,
Gee ons die woorde om U lof te besing.
Heer, dankie dat ons altyd op U kan vertrou.
Heer, U aanraking is wat ons aan mekaar hou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply