Tyd

Tyd staan soms stil, dan kan ek glimlag en aan jou dink. My gedagtes draai om jou en onthou weer elke glimlag. My vingerpunte onthou weer hoe jy voel. My lippe bewe weer as ek jou mond op myne onthou. Daar was ‘n tyd wat ek onthou, jou arms styf om my gevou, my asem wat brand oor my lippe my lyf wat een word met joune. Tyd is vreemde ding wat ons van een punt na die volgende jaag. Soms is ‘n vinnige glimlag al waarvoor ons tyd het. Net ‘n vinnige loer oor die skouer, ‘n Vinnige woord in die verby gaan. Soms wonder ek waarheen die tyd ons so wil aanjaag.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply