Tyd van onsekerheid

Tyd van onsekerheid

Heer, U weet ons leef in ‘n tyd van onsekerhied
Onsekerheid oor ons toekoms by die werk
Onsekerheid oor ons toekoms in die kerk
Heer, U weet hoe word ons elkeen geraak deur hierdie onsekerheid Bring ons na die water waar ons, ons moeë voete tot rus kan bring Bring vir ons weer ‘n lied van dankbaarheid in ons hart om te sing Heer, vee af die trane wat spore oor ons wange maak
Want U aanraking is al wat ons heel kan maak
Ek dra al die mense op wat vandag weet dat hul binnekort sonder ‘n inkomste is Heer, U maak altyd ‘n volgende deur oop waar U ‘n ander een toe maak Asseblief Heer, vee hul trane af sodat hulle ook die seen daarin kan sien Heer, bring hulle na die koelte sodat hulle nie deur die son verblind word Maak hul harte lig om U stem te hoor waar U na hulle roep
Heer, ek bid vir hierdie mense wat so verslae die nuus aan hul geliefdes moet oordra
Gee dat hulle in liefde ontvang sal word, en dat U hulle teen verdere skade sal beskerm
Heer, U antwoord as ons roep, soms verstaan ons net nie U antwoord nie Soms verset ons, ons teen U wil en U uitspraak
Heer, ek staan voor U en pleit U genade op hulle af
Maak hul harte stil om na U te kan luister
Hoor hul rou snikke Heer
Die lewe gaan sy eie gang en dis net U genade wat ons oor al die berge dra Heer, bring nuwe en opwindende geleenthede vir hierdie wonderlike mense U is nog steeds die antwoord op alle vrae
Heer, U genade is nog steeds al wapen wat ons kan dra
Dankie dat ons nie op ons eie is nie
Dankie dat U nog altyd in beheer is

Posted in Gedigte.

Leave a Reply