Tussen lyne

Tussen die lyne
Vasgevang tussen die lewe en die dood.
Waar kry ek nou die regte woord.
Verlore op my eie leĆ« bladsy van ‘n nuwe dag.
Ek mis jou aanraking van troos, so sag.
My uitroepe van pyn en smart.
Pluk aan die wande van my verskeurde hart.
Veels te vinnig is jou bladsy uit my boek geskeur.
Veels te gou is my lewenslyne versteur.
My horison is skielik met swart ink ingekleur.
Met vertikale lyne wat soos my trane teen my wang afloop.
Van al my vreugde en drome gestroop.
In die stilte van my nag sal my snikke die eensameheid verstreur.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply