Tornado

Jy draai en kolk en saai verwoesting Wat jy aanraak breek en skeur in duisende stukkies. Jy word gevrees deur baie mense. En tog is jy net wind… Tog staan mense weer op, al sien hulle die verwoesting wat jy gelos het. Bang en verwese, hande-vier-voet. Gebroke en stukkend. Maar tog staande. Here, ek pleit by U. My wese is gebroke. Hoor my hulpkrete deur hierdie nag. Heer, laat my weer opstaan. Hierdie tornado mag my nie wen nie. Dis net tydelik, en tog seer. My trane brand oor my wang. Hierdie tornado het my ‘n oomblik gestuit. Maar, Heer, U is genadig. U sal die uitweg bring. U is my rotsvesting.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply