Toevertrou

Toevertrou, aan my toevertrou.
Heer, ‘n ander se toekoms het U aan my toevertrou.
‘N onbekende siel het U sagkens voor my deur kom plaas.
Om U woorde hoorbaar te maak.
Om U aanraking tasbaar te maak.
Ontferming Heer, U genade en ontferming het U deur my openbaar. Toevertrou aan my toevertrou
‘N gebroke siel het U na my gestuur.
Om met sagte woorde weer heel te word.
Om ‘n pad te kry deur die berg en dal.
Toevertrou Heer, toevertrou.
Wat ‘n voorreg om in U diens te staan.
Met afwagting vir die vlinder om haar vlerkte te sprei.
Met geloof en liefde te sien hoe hy sy eerste sprong in geloof gee. Wat ‘n voorreg Heer, wat ‘n ongelooflike voorreg.
Niks kom by die traan wat uit blydskap vloei.
Geen woord is mooier as ‘n opregte Dankie.
Geen woord is nodig wanneer die oë blink van afwagting.
Toevertrou Heer, aan my toevertrou.
Toegerus met U vertroue in my is nog ‘n gebroke siel in my sorg geplaas. Heer laat my nie onverskillig staan teenoor U geliefde.
Heer, laat my wag op U antwoord.
‘N pragmens het U aan my toevertrou.
Heer, aan my toevertrou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply