Tannie Malie

Tot die einde aan die gesels.
So baie dinge om oor te vertel.
Ons is ons Hemelse Vader dankbaar vir die kosbare tyd.
Elke grappie, elke boereraad.
Heer, dankie vir die voorreg om Tannie Mollie te kon ken.
Vir geen oomblik twyfel ek waar sy is.
Besig om ‘n grappie te vertel.
Verlig en dankbaar om by U te wees.
Heer, ek bid vir al haar geliefdes.
So baie mense wat na haar sal verlang.
Maar sy sal voortleef in hul gedagtes.
Heer, dankie dat U haar sagkens kom pluk het.
Dankie, Heer vir U genade en liefde.
Dankie vir die goeie voorbeeld wat Tannie Mollie was.
Die glimlag wat steeds op my gesig kom lĂȘ as ek aan haar dink.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply