Super sanger super mens

‘n Spesiale gedig vir my gunsteling sangeres Juanita Du Plessis !!

Super sanger super mens

Ek voel die ritme deur my are bruis
Ek voel die rede waarom ek jou dank wil bewys
Soms wanneer my gemoed donker voel
Luister ek na jou musiek en voel die lewe terug spoel
Mag jy altyd jou fokus op die Here hou
Mag Hy Sy liefde aan jou bewys op besondere maniere
Mag Sy liefdesdade jou bymekaar hou soos ‘n ou eikehouddeur se skaniere Bou jou huis se fondasie op die geloof in Jesus Christus alleen Versier jou vensters met die gekleurde glas van dade
Hou aan God’s hande vas wanneer jy jou hart se deur vir ons oopskuif Lê ‘n tapyt van fluweelsagte medelye
Vul die binnekant met klanke van dankbaarheid
Heer, beskerm hierdie wondermens wat Uself tot hier gebou het Gee dat sy altyd mag onthou om op U te steun
Dankie dat haar voorbeeld spreek van haar waarde
Maak haar van alle probleme vry soos ‘n witduif
Maak haar liedere lofklanke en ‘n lewende getuie
Heer, maak haar pad een van vreugde en vrolikheid

Posted in Gedigte.

2 Comments

  1. Jys ‘n ster. Jou pragtige stem is so strelend. Sal graag jou laaste bundel wil kry

Leave a Reply