strand

Strand

Ek sit op die nat sand en voel die klam korrels tussen my vinger. Ek weet ek lewe want al my sintuie word in gespan.
Die reuk van sout en nat sand kleef aan my neus.
Die windjie roer teen my nat vlees.
My oe kyk ver oor die see, en ek weet ek kan..
‘n Glimlag sprei oor my hele gesig en wese
My God, my God… ‘n uitroep van ‘n dankbare siel.
U het my nie vergeet, U het my nie verlaat,
Weg is al die neerdrukkende vrese.
Ver voor my uit is dit oop en geleenthede wag.
Ver voor my lyk dit rustig en stil.
Heer, U stem is duidelik, gerustellend in die golwe hoorbaar. U is altyd teenwoordig al lyk die lewe onstuimig.
Heer, my hart juig en my siel is dankbaar.
U het U oor my ontferm
U het my kom leer om weer op U te vertrou.
Heer, U het my in U arms geneem.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply