Stopstraat

Eendag kom jy weereens by daardie stopstraat.
Hoeveel keer vantevore is daar al met jou gepraat.
Jy kyk op en dan weer af in die pad, links en regs, heen en weer. Net hoor-sĂȘ kan jou oortuig of keer.
Gaan jy maar weer na die kunsmatige ligte draai ?
Of sal jy die keer kyk waarom ek so vrolik vir jou waai ?
Kom ondervind hoe ‘lighooftig’ jy kan voel sonder jou laste. Kom voel vir jouself ware vreugde en vrede.
Soms is die rukwind onverstaanbaar en self vernederend.
Maar soms moet jy stop en mooi om jou rond kyk.
Maak seker jou saak is reg met Jesus, voor jy jou laaste stop bereik.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply