Stilte

Die stilte brand soos ‘n verterende vuur in my. Niemand sien die smeulende kole van verlange. Niemand hoor my snikke in die middernag. Iewers tjank ‘n eensame jakkels. Selfs die maan se lig word deur die miswolke verberg. Die koue slaan sy skerp naels in my onbewaakte liggaam. Niks kan die stilte stil maak nie. Niemand kan hierdie smeulende koue kole weer laat opvlam nie. Dis net my eie stilte. Alleen. Eensaam in my tweestryd. Hede. Verlede. Die toekoms is onbelangrik. Onbekend. Nie iets om oor te wonder. Maar dit wat was. En dit wat ek nou het. Altwee hul eie eensaamheid. Elkeen het kole wat maak dat my gedagtes nie kan stil word. Al is dit so stil in my. Al ken ek niks anders as die stilte. Geen gevoel. Geen verwagting. Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

One Comment

Leave a Reply