Stilte

Ek luister na die stilte om my ek wonder of dit jou voetstappe deur my gedagtes sal vervang. Sal die ritme van die see jou weer eendag op my verlate eiland uitspoel, of sal jy net ‘n skim bly. Sal jou stem steeds teen die grotmuur weergalm ? Of sal jou eggo jou bring tot hier waar my knieĆ« al stukkend is ? Die storm wat binne my woed brand deur my koue nagte. Die orkaan het my gedagtes deur mekaar kom waai. Oral tel ek klein stukkies onthou op. Takkies wat ek nou-nou op die vuur gaan gooi vir hitte. Ek kyk om my in hierdie pragtige oomblik, maar jy is nie hier nie. My eie arms om my is nie jou drukkies nie. Die stilte om my begin al soos jou stem klink. My voetspore pas steeds in joune wat ek in die mos gegraveer het. Ek wonder of jy onthou. Ek wonder of jy ook na die stilte luister. Ek luister na die stilte om my en verlang na omarming.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply