Stel nie meer langer uit

Deur die muur wat jy om jou bou deur harde woorde,
die vore wat jy elke dag grou om veilig op jou eiland te voel,
al sit jy elke aand in die donkerte om My lig buite hou,
steeds gee Ek nie op nie.
Elke dag stuur Ek My engele in verskeie gedaantes na jou.
Elke uur van die dag is iemand besig om vir jou te bid.
Eendag sal jy tog toegee aan My liefde vir jou.
Ek stuur vir jou die glimlag van ‘n kind om jou hart te verwarm.
Ek stuur vir jou boodskappe, al wil jy dit nie lees nie.
Jou tyd raak min om My hand te vat.
Kyk om jou rond en sien die tekens wat Ek jou stuur.
Al lag jy vir die mense wat jou van My vertel,
al dink jy jou lewe is lekker gemaklik en jy het My nie nodig nie.
Wees vandag gewaarsku.
Ek neem ‘n direkte aanslag vandag.
Ek sĂȘ in hierdie woorde vir jou:
kry jouself gereed vandag.
Neem My aanbod aan vandag.
Moenie langer wandel op jou pad.
Luister na My woorde,
laat jou siel vandag jou toekoms rig.
Ek het jou geskape na My beeld,
Moenie langer uitstel om na My te kom.
Wees gereed vir My koms.
Jou naam is in My handpalm geskryf,
want jy is vir My baie kosbaar.

@Amanda Boucher 22/08/2017

Posted in Gedigte.

Leave a Reply