soos ons onder die bome loop

‘n gedig uit die boek “Hoe vergeet ‘n mens?”

soos ons onderdeur die bome loop
is dit maklik om te hoop.
Rustig, sonder steurings, die lag vlak in jou oë
Soos ‘n valk daar bo.
Jy sien alles anders as ek.
Soms voel ek soos ‘n gek.
Jou oë is rustig, spottend op my gerig.
En stadig, onseker, laat jy my kop lig.
Skielik is die spot weg.
Die oomblik voel so volmaak reg.
Jou hand lig stadig na my wang.
Soos ‘n kind voel ek, onseker bang.
Jou hand is sag en liefdevol.
Die woorde in my keel ..gestol.
Wil my oë laat sak…
Maar die beweging van jou mondhoeke hou hul vasgeplak
Die vlinders op my maag…
jy buig jou kop laag…
jou lippe op myn…
ek dink ek verloor my bewussyn.
Jou arms om my skouers is so…beskermend sterk
Die beloftes in jou fluistering… onbeperk.
Soos ‘n reddingsbootjie op ‘n see deining,
Beweeg jou borskas teen myne.
Jou rugspiere bied oneindigende geleenthede.
In hierdie oomblik is geen toekoms of verlede…

Posted in Gedigte.

Leave a Reply