Soos ‘n valk

Soos ‘n valk is My oë op jou gerig.
Altyd besig om te kyk wat om jou aangaan.
Reg om enige magte aan te val wat jou pla.
My Geestelike magte is altyd besig om vir jou te veg.
Wanneer jy magteloos voel.
Wanneer jou gedagtes jou wil oorweldig.
Dink aan My en wat Ek vir jou kan doen.
Soms wanneer daar net te veel gedagtes in jou kop draai,
Raak net stil en jy sal weer My stem hoor.
Wanneer jy te veel goed wil aanpak om jou situasie te red.
Gaan sit net ‘n oomblik, Ek is reeds besig om jou te help.
So wees tog nie so bevrees My geliefde kind.
Raak nou rustig en laat My toe om jou te seën.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply