Soos ‘n saadjie

Soos ‘n saadjie maar een doel het in die lewe en dit is om die plant van waar hy kom meer te maak. So het jy ook ‘n doel in die lewe om die boodskap van liefde en trou oor te dra. Jy is geskape om My te eer in die manier waarop jy lewe. Daar is mense wat opkyk na jou. Soms weet jy nie van hul bestaan. Hulle kyk hoe jy optree in ‘n nood situasie. Hulle volg elke woord wat jy spreek. Vir hulle is jy die maatstaf vir hul lewens. Ek het jou toegerus met spesiale gawes. Ek het jou ‘n sekere pad gegee om te stap sodat jy voorberei kon word vir hierdie taak. Daarom is dit belangrik dat jy so lewe dat jy ander na My kan lei. Soms stuur ek spesiaal ‘n vreemdeling op jou pad. Iemand wat ondersteuning nodig het. Iemand wat liefde en begrip nodig het. Daarom, My geliefde kind, moet jy altyd sag en liefdevol optree. Daarom, My geliefde kind, is dit belangrik om naby My te lewe. Ek het jou uitgekies vir ‘n rede. Wees nie bang vir jou dagtaak. Wees nie bevrees vir jou nagte. Wees jy net die saadjie wat Ek geskape het. Stap jy net in die spore wat Ek jou gee. Bid vir krag elke dag. Bid vir My woorde in jou mond. En luister met ‘n gelowige siel na My roepstem. Ek is jou God. En jy is My lieflingskind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply