Soos jou skadu

Bewus van jou elke beweging is Ek altyd by jou.
Self in die nag wanneer jy dink niemand hoor jou huil.
Al sien jy My nie wanneer die maan van jou lewe agter die wolke skuil. Elke tree wat jy gee is Ek daar om jou by te staan.
Soms is die ligte briesie om jou My asem om jou lewend te hou. Soms is die muur om jou My manier om jou te laat stop. Sodat jy kan omdraai om My hulp te vra. Wees nie bevrees vir My aanraking in jou lewe.
Altyd word jou lewe be-invloed deur ander se besluite.
Soms is dit mense wat My ook ken en hulle help jou.
Soms is daar bosekragte wat jou van My wil steel.
Wees nie bevrees nie want Ek is met jou.
Al ken Ek die rede vir jou trane, deel dit met My.
Al weet Ek wat jy nodig het, vra dit van My.
Al dink jy Ek kan jou nooit vergewe, leer om jouself te vergewe. Al dink jy dis te laat om My aan te neem, Ek wag vir jou.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply