Sonskyn

Die hitte van jou sonstrale dryf stadig deur my are ek voel elke aanraking waar jou vingers oor my gly. Stadig begin ek ontspan. Nog versigtig, dalk verbeel ek my net. Dalk is jou glimlag nie vir my bedoel. Dalk sien ek dinge wat nie bestaan. My gedagtes raai my af om bly te raak, laat my onthou hoe dit voorheen was. Ek wil glo dit sal die keer anders wees. Maar ek kan nie. Jou woorde bring my ‘n oomblik terug na nou, ek voel veilig soos jy my vashou. My liggaam ontspan vir ‘n oomblik, neem die hitte van jou beloftes op. Geniet die aandag wat jou lippe aan myne gee. Dis tog net ‘n oomblik, dis tog net vir nou. Ek sal my oë toe hou, want dan leef ek in ‘n droom. My gedagtes sal ek verwyder en gesluit hou. Vir nou wil ek net hier wees. Hier waar jy my ontvoer. Hier waar niks anders saak maak. Ek het nodig om jou hitte teen my te voel. Ek het nodig om ‘n klein stukkie son in my gedagtes te vertroetel. Eendag, wanneer die koue weer kom, kan ek my weer verbeel. Dalk sal die bietjie son dan weer my bene opwarm.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply