Sonsak

Soos die son sak oor die aarde raak alles stil.
Nog ‘n dag is verby.
Nog ‘n aand begin om oor alles te besin.
My gedagtes dwaal deur my geliefdes.
Heer, U ken elkeen van hulle se kommer en pyn.
Dankie Heer dat U ons altyd in U ontferming hou.
Dankie vir U genade, selfs wanneer alles hopeloos lyk.
Dankie dat U altyd ‘n uitweg stuur.
Heer, soms weet ons nie waarheen.
So min verstaan ons die rede vir sekere dinge.
So min verstaan ons die nodigheid vir ons omstandighede
Heer, dankie vir die aand.
Dankie dat ons kan rustig raak.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply