Sonder woorde

Hoe beskryf ek wat die groen kleur van mos aan my siel doen ? Watter woord kan gebruik word om salig te beskryf ?
Wat kan ek sê wanneer ek in stilte ‘n arend in vlug volg ?
Wanneer is dit ‘n moet om iets te sê wanneer ek in jou liefdevolle oë kyk? Hoe beskryf ek my liefde vir jou ?
Jou woorde klink soos die rustige kibbel van ‘n stroompie.
Jou aanraking is die sagste sy.
Die klank van jou asemhaling in my nek,
dis die geritsel van die aandwind deur die blare.
My skaduwee is die wete dat jy daar is vir my.
Die perfekte prentjie.
‘N kabbellende stroompie, groot oer-oue bome.
Bosbelaaide, varingbedekte voetpadjie. Vars berglug.
En jy.
Dis my beskrywing van ons.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply