Sonder woorde

Jou spore het doodgeloop tot daar waar ek jou kry sit het: jou hande in jou hare, jou wange spore gehuil. My woorde het saam met ‘n dwarrelwind die wolklose hemel ingewarrel. Wat kon ek in elk geval sê om jou beter te laat voel. Ek was self moeg, geen rede gesien om aan te stap. As twee minus strepies reg neergesit word, is dit tog ‘n plus. Jou half gedrinkte bottel het jy na my gehou, ek was dors, dalk vir jou. Al het die smaak my keel gebrand, al het my oë getraan, want ek was die een wat verdwaal het, Jy sit al jare hier en wag, jy is die een wat my op gehelp het; ek het altyd gedink mense het my nodig, maar jy was my redding. Jy was die een, wat sonder woorde, weer my sinne vol gemaak het. Sonder woorde het jy my teen jou vas gehou. Met net ‘n glimlag het ek later weer aan beweeg. Soms is woorde net ‘n geraas wat niks beteken.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply