Sonder U

Heer, sonder U het ons niks en is ons niks.
Heer, sonder U is ons lewe leeg en doelloos.
Heer, sonder U kan ons nie staande bly teen die aanslae.
Sonder U o grote God sal ons verniel en verweer
Heer, neem terug wat aan U behoort en red ons.
Heer, waar U is, is lewe
waar U praat word ons geseen
Heer, U is die alfa en omega.
Heer, ek bid U aanraking in my geliefdes se lewe.
Heer, ek bid U vrolikheid en heerlikheid af op ons.
Heer, ek sing uit vollebors, ‘Ek het U lief’
Heer, ek dans op die ritme van U genade.
Heer, dankie dat U my seen met U teenwoordigheid.
Heer, dankie dat U my dag begin met heerlikheid.
Heer, ek loof en prys U heerlike Naam.
Deur genade is ons as geliefdes saam.
Heer, ons loflied is ‘n dankoffer.
Ons verdien nie wat U ons skenk.
Heer, maar U het ons nog steeds lief.
Heer, U is my begin en einde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply