Sonder jou

Gestroop van dit wat my aan jou laat dink:
geen glimlag wat soos joune opkrul
die grou van jou besondere oë wat my vaspen teen die muur agter my hier, so ver van jou, staan ek gestroop
my siel, hunkerend na dit wat was,
se stille kreet sny deur die swart om my,
die klam grond onder my kaal voete brand tot in my siel
verstom
verslae
versteen
onverstaanbaar eensaam
gestroop van my bekende wêreld
net eensaam
dis al
woordeloos draai ek my rug
voorentoe teen die stormwind in
want dis al hoe ek sal staande bly

Posted in Gedigte.

Leave a Reply