Sonder jou

Die son se strale brand koud sonder jou langs my
die blare val van die bome af en lê roerloos,
want jou asem is nie om my om deur die blare te ritsel nie
die voëlgesang is sonder klank en het geen melodi
die snare op my kitaar trek die klanke van my hartseer siel
ek luister na die stilte wat om my dwaal
soos die wind om my krul en draai, onthou ek hoe jou hande sag op my voel die sagte fluisterstem van jou soet woorde wat nog in my gedagtes luier vandag is die verlange meer as gewoonlik
jou glimlag is nie nou vir my
die spot in jou oë kyk by my verby
ek wonder of jy soms ook na my verlang
wens jy ook soms dis weer my arms om jou lyf
kry jy ook soms ‘n glimlag as ons song speel
of is alles van my uit jou hart gesteel
jou naam word telkens steeds in my gebede genoem
want net die mooi wens ek jou toe

Posted in Gedigte.

Leave a Reply