Somtyds

My tyd verwag soms van jou om geduldig te wees. Ek ken jou toekoms en Ek weet wanneer jy waar moet wees. Baie dinge moet met baie mense gebeur om jou gebede te bewaarheid. Soms is daar nog iemand wat jou nodig het waar jy is. Kyk uit vir My tekens. Wag vir My. Raak rustig en weet ek is bewus van jou omstandighede. Ek is te alle tye ten volle bewus van jou omstandighede. Raak dus rustig My kind. Die toekoms is lankal reeds bepaal. Jy is deel van My plan. Ander mense kyk op na jou. Glimlag en wees sterk. Ek het jou nog nodig waar jy is. Vertrou op My want Ek is jou God. Amanda Boucher
0837928163
www.waterstrome.co.za

Posted in Gedigte.

Leave a Reply