Sommer net jy

My gedagtes dwaal rond opsoek na iets; iets wat my siel weer sal kan wakker maak. My gedagtes tuimel oor watervalle, plas in poelle waar jou amrs my regop hou. Op die hoogtes van jou stemtoon, kyk ek voor my uit. Jy, met die glimlag wat my siel verwarm. Jy, met die antwoord op elke dom vraag. Ek sien deur die varingblare jou skimmebeeld. En ek wonder, dink jy ook soms terug. Verlang jy ook na die dae toe ons net ontmoet het. Dae van lank gelede fladder hul skoenlapper vlerke om my. En ek glimlag stil, dan voel ek jou arms om my. Jou fluisterstem doof die waterval se gang wat my wil verdrink. Waarom soek my siel na iets spesiaal terwyl jy hier reg langs my is? Saam met jou is ek nog steeds in ‘n wonder w√™reld, gevul met liefde en spesiale onthou oomblikke. Jy is my alles. Net wat ek nodig het.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply