So spesiaal

Elke mens het U spesiaal gemaak.
Elkeen gevul met ‘n unieke guns en smaak.
So min mense kruis eintlik jou pad.
En tog, somtyds, word meer as jou hand gevat.
In ‘n oogwink word jy op geraap.
Soms sukkel jy om jou moed bymekaar te skraap.
Vandag voel ek weer daardie verlies in my hart.
Jammer ek het nie by jou ingeloer, tyd gemaak…
Maar die verlies is myne…
Nou is jy maar net ‘n gedagte.
Besondere onthou oomblikke het ons nie saam gebou.
Die lewe het ons elkeen op ‘n ander pad gehou.
So ja, weereens, die verlies is myne.
Maar jy het my tog iets van onskatbare waarde kom gee.
“Ons word slegs onthou deur ons dade”
Heer, U het my weereens kom onthou.
U het vir sy geliefdes ‘n diepe nalatingskap gegee.
Heer, omvou sy geliefdes in U genade.
Want U genade is genoeg.
Oom Theuns, die verlies is myne.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply