Smagtend afwagtend

Heer, gestroop staan ek voor U. Aan U is my vrese bekend.
Geen vraag hoef ek te vra.
Al uiter ek geen woord hoor U my siel.
Heer, by U kan ek skuil.
By U kan ek in vrede al my trane huil.
Heer, U is my veilige vesting.
Heer, dankie dat ook die onaangename dinge verby gaan. Smagtend luister ek na U beloftes. Afwagtend staar ek na die toekoms.
Heer, ek weet U ken my toekoms.
Ek weet U het alles vooraf beplan.
Elke situasie.
Elke persoon.
Elke dag, Heer, is U besig om my voor te berei.
Heer, soms wanneer dit voel of ek nie meer kan tel U my op. Heer, U genade is soveel groter as ons probleme. Dankie Heer vir U liefde.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply