sleutel tot my hart

Die sleutel tot my hart

Die sleutel tot my hart lê in die palm van jou hand
Die rede waarom ek kan glimlag is geleë in ons liefdesband
Jy is die rede waarom ek elke oggend opstaan en aangaan
Jy is die rede waarom ek soms met ‘n glimlag in die gang staan Nooit wil ek sonder jou deur die dag gaan in die toekoms
Nooit wil ek hoor van vra met waarom en hoekoms
Ek is verslaaf aan jou hele menswees en dit wat jy aan my doen Ek is verslaaf aan jou glimlag en die manier waarop jy my soen Jou opgewekte geaardheid is aansteeklik en goed vir my
Jou krag en geloof is goeie invloed om my te lei
Ek sien die mooi dinge deur harde arbeid vir my eendag
Ek sien jou dade teenoor my as simbole van jou innerlike prag Ek leer elke dag uit jou voorbeeld van naaste liefde en hulpvaardigheid Ek is dankbaar vir jou uithou en bereidwilligheid
Met my hele hart is ek versot op jou
Met my hele hart en wese is ek lief vir jou
Baie dankie vir die jare wat jy by my staan
Baie dankie vir die liefde waarmee jy saam met my gaan

Posted in Gedigte.

Leave a Reply