Skerpskutter

Skerpskutter

Jou visier is subtiel op my hart gerig
Die koeel van jaloesie is gelaai en tref in die kol
Vanoggend was ek nog reg, my moed was vol
Maar die sneller is getrek en dit bring weer die wig
Stadig deurboor dit my binneste en vreet-vreet aan my
Maar ek het tog bietjie gekoes so jy tref net my sy
Die vleeswond sal ek oorwin want my pantser is aangetrek
Jou aanslag het ek tog oorleef, so dit beteken jy kan my nie meer raak Jy kan maar jou visier laat sak, wat jy doen kan my nie meer traak Nie weer sal ek en jy dink oor hierdie gesprek
Ek is vrygekoop, en dit sluit my hart en gedagtes in
Jy sal nie weer my gedagtes win
Aan die Opperhand het ek jou verklaar
So jy kan ophou met jou visier na my staar
My panser van goud en silwer beskerm my hart vir my minnaar
So klim maar af van daar
Jou werk as skerpskutter is klaar

Posted in Gedigte.

Leave a Reply