Skemer

Skemer

In die skemer van jou dag sien Ek nog steeds na jou om.
My oë dof saam met die hartseer van jou siel.
Jou mense is steeds lief vir jou en gee steeds om.
Maar die tree na jou is stadig en stil.
In hul harte sien Ek die trane wat oor hul wange rol.
In hul gedagtes en gebede is jy.
En Ek hoor hul smeking om jou te beskerm en vas te hou.
In die skemer van jou dag is My Engele by om jou te troos.
Jou woorde van stilswye kom op die wolke na My.
Hou net uit en hou aan My vas, jou pyn is binnekort stil.
My arms word nie lam of moeg waar Ek jou dra.
Jou smeking het My reeds bereik.
Jou geliefde se pleit vir jou het Ek ook gehoor.
En binnekort sal die son weer deur die mistigheid skeur.
Jou liggaam mag dalk deurtrek wees van seer en pyn.
Maar jou siel sal altyd aan My behoort.
Jy mag nooit twyfel dat Ek jou sal kom haal.
Jy mag nooit dink dat Ek jou straf.
Die krag sal kom solank jy aan My vashou deur na My te roep. Want jou woordlose sange gaan My nie verby.
Binnekort sal jy verlos wees van die skemer.
Die son is al amper op die horison.
Jy is Myne Ek het jou op jou naam geroep
Jou plek is reeds voorberei, ‘n feesmaal vir My kind.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply