Silver maanstreep

Die silver maanstreep speel tussen die blare. Loer hier en daar, kruip weg tussen die wolkies. Al langs die klippe trippel die ligstraal opsoek na jou. Soos ek. Die silver maanstraal huiwer ‘n oomblik. Stadig. Soekend deur die varingblare. Vlieg dan hoogop weer wanneer dit die skibbe van die vissie in die stroom ontdek. En dis waar ons jou vind. Op jou bootjie. In die wind. Al spelend dans ons om jou. Ek en die silver maanstreep. So bly ons kon jou weer vind. Eers bekruip ons jou, so op en af soos die golfies. Nou en dan beland ons sommer saam jou binne die boot. Agter jou. Langs jou. Voor jou. Dan, stadig, baie stadig, raak ons jou tone. Wil nie hĂȘ jy moet skrik nie. Ek voel die koue op jou tone. Ek wil dit liggies soen. Maar wat sal dit help. Ek’s net ‘n skim op ‘n silver maanstreep. Ek wonder of jy my ooit sal onthou. Stadig kruip ons op teen jou kaal bene. Ek onthou hoe sterk hulle altyd was. Jou bultende spiere. Ek en die silver maanstreep is lus vir speel. Ons spiraaldans om jou kaal bo-lyf. My hande raak sag aan vel. Ek wens ek kon jou teen my vasdruk. Maar ek’s net ‘n skim op ‘n silver maanstreep. My hart gee ‘n ruk. Ek voel ‘n warm druppel op my val. En ja daar sien ek dit sowaar. ‘N enkele traanstreep oor jou wange. Dis dan waarom ons jou hier kry. Ek en silver maanstreep. Ai, as jy maar net kon weet. Ek sal jou mos nooit vergeet. Waarom sit jy hier, in die middel van die kolkende waterstroom? Sonder ‘n anker ? Alleen. Yskoud in die maanverligte vlakte. So graag wil ek jou troos. Teen my vasdruk. Maar ek kan nie. Ek’s net ‘n skim op ‘n silver maanstreep. En jy is net jy. Die een na wie ek altyd sal bly soek.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply