Sien jy my ?

Vandag het ek weer so by myself gesit wonder.
Ek sien die haat in jou oë.
Ek voel die ysigheid van jou gemoed.
Die pyn wat jou siel deurboor.
En ek krimp in een en ek wonder.
Waarom haat jy my so ?
Die Here is lief genoeg vir my om my te skape.
Hy’t ‘n wonderwerk vermag wat geen mens kan namaak.
Hy’t vir my besondere en unieke talente gegee.
Tel my seblief op en hou my vas.
Ek het nodig om vir jou van Sy liefde te gee.
Ons Hemelse Vader het spesifieke dele van julle twee in my kom weef. Hy het net die mooi van julle elkeen gevat om my spesiaal te maak. Kom leer van my weer die mooi wat in jou is.
Sien jouself as die leerder soos God jou sien.
Los die dinge wat jou menswees afbreek.
Ignoreer die mense wat jou afkraak.
Seblief, kom glimlag weer vir my.
Vra Jesus om jou elke dag met nuwe krag te vul.
Ek’s maar net ‘n paar maande oud.
Seblief Mamma, seblief Pappa.
As die Here reken ons hoort saam dan hoort ons saam.
Druk my seblief saggies en liefdevol teen jou hart.
Ek het nodig om te weet ons is geliefdes in God se hand.
Sien my raak as God se meesterstuk.
Want Hy het ons bymekaar gebring.
Ek is maar net ‘n hulpelose baba.
‘N wonderwerk uit God se hand, om jou weer heel te maak.
Versag jou blik op my en maak jou hart oop vir God se plan. God se woorde aan jou:
My kind, kom lê hier teen My bors, want jy was nog nooit ‘n fout. My kind, kom plaas jou vertroue in My en Ek sal jou lei.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply