Seisoene in jou lewe – Herfs

Die oranje van die blare is soms amper ‘n dieprooi.

Met my gedagtes na binne gekeer,

tyd om te besin oor waar ek is.

Waarom sien ek net die dorre blare raak?

Waarom voel ek net die skerp snykant van die wind?

Is ek werklik besig met dit waarvoor ek geskape is?

Die Here plaas mense op jou pad, nooit is dit toeval nie.

Is ek die voorbeeld wat ek moet wees?

Sal my dade en woorde dieselfde taal praat?

Is ek werklik dankbaar vir dit wat my lewe omring?

Is my gedagtes regtig gevul met dit wat my gelukkig maak?

Wat sou ek doen as ek voor ‘n kruispad staan?

Die winter lê nog voor, is ek regtig voorbereid?

Het ek regtig genoeg geloof om te glo wanneer my lewe grou is?

Het ek werklik die tipe indruk gemaak,

dat mense by my sal staan?

Dis wanneer die son warm op my gesig brand,

dat ek besef: 

U het my geskape.

U sal my bystaan.

U sal voorsien.

U genade groter as enige probleem.

Heer, ek bid vir my land en al sy mense.

Ek bid vir U wonderwerk van verdraagsaamheid.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply