Seer hart

Sal jy verstaan wat is ‘n seer hart ? ‘N jong boom wat deur die weerlig oopgekloof word. ‘N jongkind wat deur ‘n ouers kind in die gesig geskop word. ‘N nuwe motorboot wat die eerste dag op die water deur ‘n ander oopgekloof word. ‘N jong dier wat deur ‘n roofdier verskeur word. Nee niks van hierdie dinge is so seer soos ‘n hart wat in stukke is nie. Geen pyn vergelyk met ‘n gebroke hart nie. Die sonskyn is koud. Kos proe na niks. Die geur van die blomme gaan verby. Die pyn van gebreekte ribbes. Niks maak saak. Geen woorde sink in. Die dae in net een groot niks. Die pyn oorheers alles wat bestaan. Heer, daar is niks wat ons kan doen teen hierdie pyn. Die gebede klink soos ‘n klein klippie wat in die Grand Canyon afgegooi word. Heer, net U kan die seer stil maak. Net U kan alles weer verander. Heer, dankie dat hierdie seer net tydelik is.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply