Samaritaan

Gebroke langs die pad sit ek.
Geen krag.
Geen rigting.
Verlore soos die dorre grond om my.
Smagtend.
Verlangend.
‘N skadu val oor my.
‘N engelstem wat sag praat met my.
‘N samaritaan wat voor my staan.
Met eindelose geduld troos jy my.
Geen haas in jou stem.
Geen dringendheid in jou sagte aanraking.
Net rustigheid.
Vertroosting.
Aanvaarding.
Waarom moet jy weer gaan ?
Waarom is jou warm trooswoorde net tydelik ?
Met my kop teen jou bors kry ek nuwe krag.
Jou wegstap gee my nuwe rigting.
Jou omkyk gee my hoop.
Jou warm glimlag nooi my om op te staan.

Posted in Gedigte.

Leave a Reply